Ledevergadering op 3 September 2026
Beste lede
Ons nooi julle graag uit na die jaarlikse algemene vergadering van die Nederlandse Afrikanervereniging. Dit is ons eerste algemene vergadering sedert die stigtingsvergadering.
Die vergadering vind soos volg plaas:
Datum: Donderdag 3 September 2026
Tyd: 20:00 - 21:00 uur
Plek: Aanlyn
Tydens die vergadering bespreek ons die volgende onderwerpe:
- Jaarverslag 2025
- Finansiële jaarverslag 2025
- Begroting 2026
- Ledegeld 2026
- Besluit oor die benoeming van bestuurslede
Die vergaderstukke sal uiterlijk op 20 Augustus 2026 aan alle lede gestuur word.
Wil jy deelneem? Meld dan asseblief voor of op 1 September 2026 aan. Die skakel na die vergadering sal op 2 September 2026 aan die geregistreerde lede gestuur word.
Ons hoop om julle op 3 September aanlyn te sien!

