
Met die SponsorKliks-app op jou foon of tablet verminder jy die kans dat jy vergeet om “te SponsorKlik”.
Jy sal immers die SponsorKliks-ikoon tussen die ander toepassings sien en jy sal ‘n kennisgewing ontvang wanneer ‘n transaksie gemaak is en geld vir die Nederlandse Afrikanervereniging ontvang is.
Só kan jy maklik kyk hoeveel jou transaksie bygedra het. In die toepassing kan jy stel watter kennisgewings jy wil ontvang. Die totale kommissiebedrag is altyd onmiddellik sigbaar in die toepassing en jy kan deurklik om alle transaksies te sien.
Hoe installeer ek die SponsorKliks-app?
Hoe gebruik ek die SponsorKliks-app?
Elke keer as jy vanaf die toepassing na ‘n winkel gaan, weet die toepassing dat jy die Nederlandse Afrikanervereniging wil ondersteun.
Via die kieslys kan jy onder “berichten instellingen” aandui watter kennisgewings jy wel of nie wil ontvang nie.
Taal van die SponsorKliks-toepassing
Die SponsorKliks-toepassing is slegs in Nederlands beskikbaar. Daar is nie ‘n Afrikaanse weergawe beskikbaar nie.
Voorbeeld van die SponsorKliks-app
Kies Nederlandse Afrikanervereniging, bekyk die saldo en klik direk na die transaksie-oorsig van die winkels en verander die boodskapinstellings (kennisgewings).



Wysig jou toestemminginstellings of bekyk ons privaatheidverklaring.
Bekyk ons privaatheidsverklaring | Sluit