Ontmoet, vertel en help

WELKOM BY DIE NEDERLANDSE AFRIKANERVERENIGING

ontmoet

Ons organiseer aktiwiteite vir Afrikaners en Nederlanders. Byvoorbeeld ‘n braai of ‘n konsert.

vertel

Ons vertel oor ons eendersheid. En ons vertel Nederlanders van Afrikaners in Suid-Afrika.

help

Ons help mekaar in Nederland én Suid-Afrika. Om in Nederland plek te vind. Of om in Suid-Afrika te bly.

Hierdie aktiwiteite staan op ons kalender

Kom kuier saam!

23

Mei
2026

Sluit by ons aan vir ‘n stap in die Loonse en Drunense Duine: uitgestrekte drywende sand, dromerige heideveld en rustige woude. Voel die wind, hoor die vrede en ervaar die landskap saam.

20

Junie
2026

Regte Suid-Afrikaanse braai, want die Nederlanders kan mos nie regtig braai nie. Daarom word die braai deur Afrikaners gereël.

Baie mense het voor ons uit gegaan

Staan saam en
sluit aan!


Ons het groot skoene om te vul.

Van president Kruger tot koningin Wilhelmina
Dominees en generaals, regters en politici, onderwysers en studente.
Duisende gewone mense.

Bly op die hoogte

Verenigingsnuus

Kroegvasvra ‘Afrikaans & kie’ in Leiden

Kroegvasvra op 28 Maart 2026 Roep al jou Afrikaanse vriende bymekaar, want…

Natuurwandeling Loonse en Drunense Duine

Op 23 Mei 2026 Sluit by ons aan vir ‘n stap in…