
Ons vertel
Die Nederlandse Afrikanervereniging vertel stories. Oor Suid-Afrika, Nederland en ons ooreenkomste. Ons hou byvoorbeeld die nuuswebwerf Afrikaner.nl in stand, waar die jongste nuus oor Afrikaners en Suid-Afrika vir Nederlandssprekendes beskikbaar gemaak word. Ons gee ook aandag aan wat Afrikaners en Nederlanders deel: ons tale, kulture, godsdiens en geskiedenis.
Ons vertel stories omdat ons mense aan die ander wil voorstel: Afrikaners met Nederlanders en Nederland; Nederlanders met Afrikaners en Suid-Afrika. Omdat ons eintlik nie veel van mekaar weet nie.
Ons vertel stories omdat ons mense aan die ander wil voorstel: Afrikaners met Nederlanders en Nederland; Nederlanders met Afrikaners en Suid-Afrika. Omdat ons eintlik nie veel van mekaar weet nie.
Laat ons dit reguit erken: onder normale omstandighede dink die gemiddelde Afrikaner selde aan Nederland en die gemiddelde Nederlander selde aan Suid-Afrika.
N.P. van Wyk Louw
Digter, skrywer, professor (UvA, Wits)
Nicolaas Petrus van Wyk Louw, die bekende Afrikaner-filosoof en in die vyftigerjare professor aan die Universiteit van Amsterdam, het geskryf dat ’n gebrek aan kennis nie lei tot volkome onverskilligheid tussen Afrikaners en Nederlanders nie. Daar was altyd nuuskierigheid, liefde, irritasie of selfs haat teenoor die ander.
En laat ons verder erken: wanneer ons aan mekaar dink, staan die gemiddelde Afrikaner soms krities – af en toe miskien selfs nors – teenoor Nederland, en die gemiddelde Nederlander dikwels krities – en soms vyandig – teenoor Suid-Afrika.
N.P. van Wyk Louw
Digter, skrywer, professor (UvA, Wits)
Daarom vertel ons ons stories met respek. Met respek vir mekaar se insigte, ervarings en opinies. Ons vertel beide kante van ons gedeelde geskiedenis. Ons wys hoe verskillend mekaar se ervarings was. Hiermee wil ons wedersydse begrip kweek, as ’n beginpunt vir samewerking tussen Afrikaners en Nederlanders.
ontmoet
Ons organiseer aktiwiteite vir Afrikaners en Nederlanders. Byvoorbeeld ‘n braai of ‘n konsert.
vertel
Ons vertel oor ons eendersheid. En ons vertel Nederlanders van Afrikaners in Suid-Afrika.
help
Ons help mekaar in Nederland én Suid-Afrika. Om in Nederland plek te vind. Of om in Suid-Afrika te bly.
