Ons vereniging

een vereniging,
twee kontinente,
drie doele.

Die Nederlandse Afrikanervereniging is in 2024 opgerig deur oud-lede van die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging (NZAV). Die NZAV is in 1881 opgerig en het in 2016 saamgesmelt met die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Nou begin ons iets nuuts.

Die Nederlandse Afrikanerverenging wil Afrikaners in Nederland en Nederlanders wat in Suid-Afrika belangstel verbind.

ontmoet

Ons organiseer aktiwiteite vir Afrikaners en Nederlanders. Byvoorbeeld ‘n braai of ‘n konsert.

vertel

Ons vertel oor ons eendersheid. En ons vertel Nederlanders van Afrikaners in Suid-Afrika.

help

Ons help mekaar in Nederland én Suid-Afrika. Om in Nederland plek te vind. Of om in Suid-Afrika te bly.

Baie mense het voor ons uit gegaan

Staan saam en sluit aan!

Ons het groot skoene om te vul.

Van president Kruger tot koningin Wilhelmina.
Dominees en generaals, regters en politici, onderwysers en studente.
Duisende gewone mense.

Missie en naam

Die Nederlandse Afrikanerverenging wil Afrikaners in Nederland en Nederlanders wat in Suid-Afrika belangstel met mekaar verbind.

Daarom is die amptelike naam van ons vereniging die Nederlandse vereniging voor de bevordering van de samenwerking met Afrikaners. Die name Nederlandse Afrikanervereniging en Afrikanervereniging is ons handelsname.

Bestuur

Die Nederlandse Afrikanervereniging het op hierdie oomblik een direkteur: Bart Bouwman. Hy is by die stigting van die vereniging aangestel deur die stigterslede.

Die lede kies op die tweede algemene vergadering 'n voltallige bestuur. Hierdie bestuur sal uit vyf persone bestaan.

Raad van toesig

Die Nederlandse Afrikanervereniging het op hierdie oomblik een toesighouder: Jorden van der Haas. Hy is by die stigting van die vereniging aangestel deur die stigterslede.

Die lede kies op die tweede algemene vergadering die raad van toesig. Die raad van toesig sal dan uit drie of vyf persone bestaan.

Taal

Die Nederlandse Afrikanervereniging kommunikeer in Afrikaans en Nederlands. Tydens byeenkomste gebruik deelnemers hul eie taal. Danksy die onderlinge verstaanbaarheid tussen Afrikaans en Nederlands kan ons lekker met mekaar gesels.

Die Nederlandse Afrikanervereniging is 'n Nederlandse vereniging en daarom gebaseer op Nederlandse reg. Dit beteken dat wetlike dokumente, soos ons grondwet, in die Nederlandse taal opgestel is.

Ook kommunikeer ons in Nederlands vanuit ons ledeadministrasiestelsel (Clubcollect). Dit beteken dat ons e-posse oor lidmaatskapbydraes en betaalversoeke in Nederlands geskryf is. Die rede is dat die stelsel nie in Afrikaans beskikbaar is nie. Het jy 'n vraag oor ons kommunikasie? Jy kan altyd vir ons skakel.

Jaarverslae

Daar is nog geen jaarverslae. Jy kan die eerste jaarverslag (oor 2025) in 2026 verwag.

Amptelike documente

Inskrywing in die Nederlandse Handelsregister (19 November 2024)
Grondwet van die vereniging (versie 19 November 2024)
Huishoudelike reglement (versie 1 Februari 2025)
Redaksiereglement (versie 1 Februari 2025)

Verantwoording