Viering: ‘100 jaar Afrikaans’ in Utrecht

Kroegvasvra op 10 Mei 2025

Saam vier ons 100 jaar gelede dat Afrikaans as die amptelike taal van Suid-Afrika erken is! Ons mag maar hierdie honderdjarige vriendskap vier, in 'n Hollandse kroeg!

100 jaar is 'n lang tyd, waarin baie gebeur het. Genoeg vir 'n lekker kroegvasvra, met baie musiek, geskiedenis en snaakse woorde.

So kom ook! Vorm die beste of slimste span saam met jou familie of vriende.

O, en ons betaal vir die eerste drankies en versnaperinge!

Besonderhede

Datum: 10 Mei 2025
Tyd: 14:00 - 17:00 uur
Plek: Café Joost
Adres: Achter Sint Pieter 3, 3512 HP Utrecht

Die kroegvasvra begin omstreeks 14:30 uur en duur tot ongeveer 16:00 uur. Die drankies eindig om 17:00 uur. Vir diegene wat nog wil, is daar die moontlikheid om daarna saam (op eie onkoste) in Utrecht te gaan uiteet.

Vervoer

Openbare vervoer
Jy kan maklik met openbare vervoer vanaf Utrecht Sentraalstasie of Utrecht Science Park (voorheen: De Uithof) na die sentrum van Utrecht reis. Jy kan buslyn 28 hiervoor gebruik en by die Janskerkhof-bushalte afklim.

Die Janskerkhof-bushalte is 'n hanetreetjie van Café Joost af. Vanaf die bushalte, stap in Korte Janstraat, en draai dan links by die tweede systraat na Achter Sint Pieter. Jy sal Café Joost ná ongeveer 40 meter aan jou regterkant kry.

Dit is ook moontlik om vanaf Utrecht Sentraalstasie te stap. Vanaf Utrecht Sentraalstasie is dit ongeveer 15 minute se stap na Café Joost.

Parkering naby die kroeg
Daar is beperkte betaalde parkering beskikbaar in die strate rondom die kafee en op Janskerkhof.

Die naaste parkeergarages is:
- Kruisstraat parkeergarage (Kruisstraat 2)
- Springweg parkeergarage (Strosteeg 83)

Parkering by P+R Utrecht Science Park / De Uithof
Weens die hoë parkeerkoste in die sentrum van Utrecht, raai ons jou aan om 'n P+R op die rand van Utrecht te gebruik, byvoorbeeld by De Uithof/Science Park. Reis dan met openbare vervoer (buslyn 28) na Café Joost.

You may also like these