Ons aktiwiteite

23

Mei
2026

Sluit by ons aan vir ‘n stap in die Loonse en Drunense Duine: uitgestrekte drywende sand, dromerige heideveld en rustige woude. Voel die wind, hoor die vrede en ervaar die landskap saam.

verskuif

Die ledevergadering van die Nederlandse Afrikanervereniging is terug. Sluit aan by die bespreking oor ons rigting en ons nuutste planne.

verskuif

Is jy ‘n ondernemende Afrikaner in Nederland? Kom na ons sakenetwerkgeleentheid: leer hoe om effektief op sosiale media te adverteer, ruil wenke uit en ontdek geleenthede tussen Nederland en Suid-Afrika.

20

Junie
2026

Regte Suid-Afrikaanse braai, want die Nederlanders kan mos nie regtig braai nie. Daarom word die braai deur Afrikaners gereël.

22

Augustus
2026

Lekker dag vir die hele gesin. Praat die hele dag Afrikaans, jou kinders ontmoet nuwe maats en jy kan die atmosfeer geniet.

19

September
2026

Ons Erfenisdag-piekniek is jou kans om ander mense te ontmoet, te lag en te ontspan in die laat somerson. Jy is baie welkom, saam met al jou vriende en familie!

24

Oktober
2026

Sluit by ons aan vir ‘n stap in die Drents-Friese Wold Nasionale Park: oop drywende sand, rollende duine en eindelose lug. Ervaar stilte, ruimte en suiwer natuur tydens hierdie stap.

14

November
2026

Leer die stad ken, met sy pragtige kanale, strate en pleine. Ontdek baie Suid-Afrikaanse besonderhede in Amsterdam! Waar iets begin het, of juis waar iets teruggekom het.

Bly op die hoogte

Teken in op ons nuusbrief en wees die eerste om te hoor oor ons nuwe aktiwiteite

Hierdie was 2026, die eerste maande!

Ons vorige aktiwiteite

28

Maart
2026

Toets jou kennis, ontmoet Afrikaners in Nederland, en word verras deur die malste vrae. Kom speel saam en beleef ‘n onvergeetlike middag!

7

Maart
2026

Sluit by ons aan vir ‘n wandeling deur die pragtige Utrecht, met sy eeue oue strate en unieke kanale – gebou en gebruik vir handel. En ontdek die Suid-Afrikaanse stories van hierdie provinsiale hoofstad.

Hierdie was 2025!

Ons vorige aktiwiteite

6

September 2025

Leer die stad ken, met sy pragtige kanale, strate en pleine. Ontdek baie Suid-Afrikaanse besonderhede in Amsterdam! Waar iets begin het, of juis waar iets teruggekom het.

23

Augustus 2025

Ons GRATIS somerpiekniek jou kans om ander Afrikaners in Nederland te ontmoet, te lag en lekker te ontspan in die son. En jy is genooi, saam met jou hele gesin en al jou vriende! Inskrywings is verpligtend.

12

Julie 2025

Besoek een van die mooiste nasionale parke van Nederland. Ontdek die plek in Nederland wat generaal Christiaan de Wet die meeste aan Suid-Afrika laat dink het. Kom saam en vind meer uit oor hierdie betowerende plek.

10

Mei 2025

Honderd jaar gelede is Afrikaans erken as amptelike taal, destyds nog as onderdeel van Nederlands… Dis rede genoeg om hierdie 100-jarige vriendskap te vier, met ‘n skemerkelkie in ‘n Hollandse kroeg! Geselligheid alom.

22

Februarie 2025

Leer die stad ken, met sy pragtige kanale, strate en pleine. Ontdek baie Suid-Afrikaanse besonderhede in Amsterdam! Waar iets begin het, of juis waar iets teruggekom het.

Bly op die hoogte

Teken in op ons nuusbrief en wees die eerste om te hoor oor ons nuwe aktiwiteite